Jou gunsteling dagboek se eienskappe:

A5 Grootte

Al ons dagboeke is ‘n titseltjie kleiner as A5. ‘n Lekker hanteerbare grootte!

Papier

Ons gebruik resinvrye boekpapier. Dit skryf soos ‘n droom!

Ringbind

Soos die vorige jare word ons dagboeke met ‘n wit ring gebind. Dit beteken dat hy maklik oorgevou kan word.

Sonder fieterjasies

Jou dagboek word skoon en oop gelos – sodat jy hom kan gebruik nes JY wil!

Dagboeke 2027

2027 Dagboeke kom weer met al die eienskappe wat ons vorige dagboeke so spesiaal gemaak het

  • Op resin-vrye papier want dit skryf soos ‘n droom!  (Boonop is die kleur sag op die oog.)
  • Ringbind want ons wil dit heeltemal oopvou en selfs omvou – dan werk dit gemaklik op die skoot.
  • Sonder fieterjasies en met genoeg skryfplek.
  • Met Orania en RSA vakansiedae.
  • Elke maand se kalender met een oogopslag sigbaar.
  • Met ‘n handige rek

Die Dagboek doedies en dude

Annerine Beyers

Ontwerper en inspirasie agter elke mooi boek

Yolandi van den Berg

Webwinkel en bemarking

Carel van den Berg

Produksie en masjiene