jou boekvennoot

uitleg | druk | bind

Kameelberg Uitgewers

Jou boekvennoot

Jou boek … ‘n digbundel, ‘n resepteboek vir die nageslag of dalk ‘n verhandeling. Van begin tot einde stap ons die pad saam met jou om jou boek ‘n werklikheid te maak.

Uitleg

Of jy nou ‘n digbundel, roman of resepteboek geskryf het, ons help jou met inhoud-uitleg en buiteblad- ontwerp om by jou unieke behoeftes te pas.

Druk

Daar is verskeie opsies as dit kom by boeke! Ons help jou om die regte een vir jou sak en styl te kies. Ons maak al ons boeke sélf.

Bind

In die proses om jou boek te vervaardig, word elke boek met sorg hanteer. Ons ryg, draadbind en gom ons boeke. Handewerk waarop ons trots is!

Ons dienste

ISBN & Strepieskode

‘n ISBN is ‘n identifiseerder wat deur uitgewers, boekverkopers, biblioteke ens. gebruik word vir bestellings,  verkooprekords en voorraadbeheerdoeleindes. Die ISBN identifiseer die geregistreerde skrywer sowel as die spesifieke titel, uitgawe en formaat. Indien ons jou boek uitlê, lewer ons hierdie diens bykomend en genereer ‘n strepieskode om in die boek aan te bring.

Proeflees

‘n Boek word gemaak om vir geslagte heen behou te word. Daarom is dit uiters noodsaaklik om jou boek behoorlik te laat proeflees! Selfs met die beste vermoë sluip daar gereeld ‘n tikfout in. Ons kontrakteer die proefleeswerk uit aan kundiges om seker te maak dis so na as moontlik aan foutloos. Gesels met ons oor jou manuskrip sodat ons saam seker kan maak dis taalkundig reg.

Inhoud-uitleg

Daar is twee opsies: Of jy verskaf ‘n “PDF Print ready”-lêer OF ons help jou met die inhoud uitleg. Inhoud-uitleg word inhuis gedoen met Adobe se Indesign-program wat uiters effektief en professionele uitleg verseker. Die uitleg word in samewerking met die skrywer beplan – alles van die lettertipe en groottes tot elemente en voetnotas. Daarom noem ons dit ‘n boekvennootskap!

Buiteblad-ontwerp

Na ‘n konsultasie oor jou behoeftes, lewer die grafiese ontwerper gewoonlik drie konsepontwerpe waaruit een gekies word om verder mee te werk. Ons maak seker dat jou boek se buiteblad presies weerspieël wat die leser kan verwag. Nie net moet die boek dadelik uitstaan nie, dit moet ook mooi wees.

Druk & Bind

As al die opsies vir ‘n boekformaat jou kop laat draai, wees gerus! Ons is jou vennoot hierin! Alle oorwegings word ingedagte gehou. Ons kyk ook na jou sak: hetsy sagteband, hardeband, leeromslae, ringbind, ryg of gom. Ons kan dit alles doen!

Kameelberg se ontstaan

Met ‘n ou snymasjien, ‘n groen matmessie en ‘n liefde vir handwerk, begin Yolandi boeke maak. Met Carel se vaardighede, groei Kameelberg om sy plekkie in die mark vind.  Uitgewers het in die laaste dekade drasties moes aanpas om by te bly met tegnologie. Die dae van duisende boeke druk, is verby en ons bevind ons in ‘n nuwe era van pasmaak-vervaardiging. Mense hou nog daarvan om ‘n boek vas te hou wanneer hulle lees. Boeke is hier om te bly!

Of jy nou bietjie of baie boeke wil druk, ons is gerat om dit te doen!

 

Die span

Carel en Yolandi van den Berg

Carel en Yolandi is die eienaars van Kameelberg Uitgewers. Hulle sien hulle werk as deel van hul Godgegewe roeping en vul mekaar mooi aan om saam in God se koninkryk te werk – beide tuis en in die besigheid. Tuis is daar 5 seuns wat soos jong olyfboompies deel van die gesin uitmaak.

Anesta Boshoff

Anesta Boshoff is die grafiese ontwerper wat op kontrakbasis al Kameelberg Uitgewers se buiteblad-ontwerpe maak. Sy is lief vir waterverf en tuinmaak en kan toor met Photoshop. Anesta is deel van die familie!

Annerine Beyers

Annerine (Yolandi se skoonsus) tree as projekbestuurder op wanneer daar nuwe dagboeke, notaboekies, kalenders ens. beplan word. Sy is ook betrokke agter die skerms by finansies en bestellings. 

Die Onvoltooide Gesprek: Volume 1&2, uitgegee deur die FAK.

Kameelberg Uitgewers behartig die setwerk, buiteblad ontwerp en

druk en bind van die 200 kopieë.

Adres

Sandsteenstraat Orania, Noord-Kaap, 8752

E-pos

yolandi@kameelberg.co.za

Telefoon

079 412 9168